Saturday, September 15, 2007

Christie Van Der Merwe - 26306868

Blog 1
Christie van der Merwe
26306868

Virtuele realiteit het die effek van 'n werklike gebeurtenis maar is nie ‘n werklike feit nie. Dit is met ander woorde ‘n geskepte realiteit wat elemente van waarhede bevat en is dus in baie gevalle, baie na aan die waarheid en realiteit. Meeste mense vereenselwig vituele realiteit met rekenaars, maar dit is in werklikheid ‘n effek wat voortspruitend is uit tegnologie. Die gevolg hiervan is dat dit 'n futuristiese geskepte wêreld beskryf vol tegnologiese prosesse, apparate en tegnieke. Dus virtuele realiteit ons deur die proses maar nie in die fisiese werklikheid nie.

Die Virtuele wêreld kan slegs virtueel bly indien dit gekonnekteer word aan die werklike lewe, gebeurtenisse en ervarings. Dit benodig dus ons verbeelding en skeppingsvermoëns om sodoende ‘n vituele realiteit te skep wat so na aan die werklikheid is, dat daar amper slegs met 'n mens se logiese denke ‘n onderskeid getref kan word. Die grootste voordeel met virtuele realiteit, teenoor werklike realiteit is, dat daar by virtuele realiteit feitlike geen perke is nie, maar die werklike realiteit baie meer beperk is, soos wat ons dit daagliks ondervind.

Uit 'n geskiedkundige oogpunt, is virtuele realiteit ontdek deur Jaron Lanier in 1984. Gedurende die 1990's het virtuele realiteit vanuit die rekenaar omgewing meer uitwaarts beweeg na die samelewing en deel daarvan geword.

Hoewel virtuele realiteit deur almal as een basiese begrip beskou word, word die begrip egter in drie vlakke verdeel, naamlik:
Die gebruik van spesiale toerusting soos, data handskoene, brille en sogenaamde “full-body datasuits”, wat die vebruiker die gevoel laat ervaar dat hy binne virtuele wêreld “leef” en deelneem; Virtuele realiteit deur rekenaars waar die verbruiker dan, deur middel van die rekenaar na ‘n driedimensionele wêreld kyk deur die “venster” wat die rekenaar aan hom gee, soos byvoorbeeld ‘n nabootserkajuit; Die derde vlak is die inwerkingstelling van ‘n “derde persoon”, waarin jyself as persoon, interaksie voer met die virtuele wêreld, deur self daaraan deel te neem.
‘n Tipiese voorbeeld van virtuele realiteit is die rekenaarspeletjie “the Sims”. As ‘n mens na hierdie speletjie kyk kan virtuele realiteit goed verstaan word, omdat daar gepoog word om ‘n werklike wêreld uit te beeld deur middel van die gebruik van virtuele prosesse. Die hele “Sims” speletjie is dus ‘n wêreld op sy eie en so na aan die werklikheid dat ‘n sim (‘n virtuele mens) se huis kan afbrand as hulle nalatig is (soos in die werklike lewe) en die oond aan vergeet. Dit is dus ‘n ewebeeld van realiteit, behalwe dat dit op ‘n rekenaar is en nie fisies bestaan nie, want dit is virtueel.
Hierdie speletjie beeld dus die tipiese virtuele kultuur uit, want alhoewel die “Sims” ‘n kultuur op hulle eie is, is dit weereens so dat dit nie fisies bestaan nie, maar slegs virtueel is en dit is virtuele kultuur, gebasseer op virtuele realiteit.

No comments: